Kunstige wegbreekplek met ‘n hart in Stilbaai
Perfek vir gesinne en vriende.
Fana se no 10,
Lilly Crescent No. 10,
Undermilkwood estate, Stilbaai-Wes.
Geniet n onvergeetlike wegbreek by die see in hierdie gesellige selfsorg vakansie huis in Stilbaai.
Ontwerp vir gemak en ontspanning en ideaal vir gesinne en vriende wat opsoek is na n rustige wegbreek aan die kus.
Die huis is binne stapafstand van die Goukourivier, waar jy heerlike wandelings kan geniet, visvang, kanovaart of sommer net die rustige atmosfeer langs die water kan ervaar. Die gewilde hoofstrand, winkels, restaurante en ander geriewe is slegs ‘n paar minute se ry van die huis af.
Undermilkwood Estate bied ‘n veilige en rustige omgewing, omring deur fynbos en pragtige natuurskoon. Of jy nou die dag op die strand wil deurbring, die dorp wil verken, of bloot wil ontspan met ‘n koppie koffie op die stoep terwyl jy die vars seelug geniet, hierdie vakansiehuis bied die perfekte basis vir jou verblyf.
Eiendom bied Verblyf vir tot 9 gaste
Grondvloer
- Hoofslaapkamer met en-suite. Queensize bed
- 2 de slaapkamer. X2 enkelbeddens/ Kingsize
- Volledige badkamer met bad en stort
- Sitkamer, kombuis, Toe stoep met binne braai.
Boonste vloer
- Slaapkamer met x3 enkelbeddens, toilet en wasbak en deur na buite.
- Loft: Dubbel bed.
Geen troeteldiere
Alles wat jy benodig
- Binne braai stoep area
- Volledige DSTV
- 100 Gig Data
- Volledig toegeruste kombuis
- 2 x Yskas / Vrieskaste
- Gasstoof met oond
- Mikrogolf
- Skottelgoedwasser
- Airfryer
- Wasmasjien
- Tuimeldroeër
- Linne voorsien
- 1 x Parkering onder pergola
LET WEL: Bring asb. eie handdoeke.

Ruim sfeervolle leefarea
’n Ruim, sfeervolle sitkamer met hoë plafonne, natuurlike lig en ’n warm, uitnodigende atmosfeer. Die oop uitleg en ekstra kuierarea maak dit ideaal vir ontspanning en kuier tyd saam met familie en vriende.
Die leefruimte vloei na die toe stoep met binnebraai — die ware hart van die huis. Hierdie beskutte kuierarea skep die perfekte plek vir gesellige etes, lang gesprekke en onvergeetlike vakansie-oomblikke, ongeag die weer.
Was kamer met Wasmasjien, tuimeldroeër en 2de yskas/vrieskas aangrensend met kombuis.
Grondvlak: 2 x slaapkamers en badkamer
Die ruim hoofslaapkamer beskik oor ‘n queensize-bed en ‘n privaat en-suite badkamer. Die stylvolle dekor, sagte kleure en netjiese afwerking skep ‘n rustige en uitnodigende atmosfeer.
Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens wat ook as ‘n kingsize-bed opgemaak kan word.
‘n Ruim, volledige badkamer met bad en stort en bied alle geriewe vir ‘n gemaklike verblyf.


Tariewe
Hoog seisoen
1 Des. tot 6 Jan. R5500 per nag.
Moet minimum van 14 dae neem.
Breek deposito van R5500 word vereis met betaling.
Res van die jaar tariewe
R3800 p/n.
Minimum x4 nagte.
Besprekings- en Betalingsvoorwaardes
Die deposito word so spoedig moontlik terugbetaal, mits geen skade aan die eiendom aangerig is nie en die woning in dieselfde toestand gelaat word as waarin dit ontvang is.
Algemene Skoonmaak koste van R700 word verhaal van deposito.
50 % Deposito met bevestiging.
Balans betaalbaar 3 maande voor Desember verblyf. Deposito word verbeur met kansellasie tensy ander huurders betyds geplaas word. 15 % van deposito word teruggehou.
Wanneer verhuring plaasvind binne 3 maande van verhuur datum is volle bedrag betaalbaar met bevestiging.
GEEN TROETELDIERE
Kontak: Annalé


















